4 Absalom en al die leiers van Israel het gedink dit is ’n goeie plan.
5 Maar Absalom het gesê: “Roep asseblief ook vir Gusai van die stad Erek sodat ons kan hoor wat hy sê.”
6 Toe Gusai by Absalom kom, sê Absalom vir hom wat Agitofel gesê het. Absalom vra toe vir Gusai: “Moet ons dit doen of nie, wat dink jy?”
7 Gusai sê toe vir Absalom: “Vandag is Agitofel se plan nie goed nie.
8 Jy ken jou pa en sy manne. Hulle kan goed veg en hulle is nou so kwaad soos ’n beer-wyfie in die veld wanneer iemand haar kleintjies doodgemaak het. Jou pa is ’n man wat baie weet van oorlog, hy sal nie by die ander mense slaap nie.
9 Jy kan seker wees dat hy nou wegkruip in ’n sloot of ’n ander plek. Wanneer hulle vir julle begin aanval en party van jou manne sterf, en die mense hoor dit, dan sal hulle sê baie van Absalom se manne is dood.
10 Dan sal almal bang word, ook die manne wat so dapper soos ’n leeu is, want al die Israeliete weet dat jou pa en die manne by hom goed kan veg.