1 Iemand het vir Joab gaan vertel: “Weet jy, die koning huil en treur oor Absalom.”
2 Die manne het die oorlog gewen, maar daardie dag moes hulle almal begin huil en treur, want hulle het gehoor dat die koning hartseer is oor sy seun.
3 Die manne het daardie dag stil teruggekom in die stad. Hulle het gekom soos manne wat verloor het en wat gevlug het uit die oorlog.
4 Die koning het ’n doek oor sy kop gegooi en hy het hard aangehou skree: “My seun Absalom, Absalom, my seun, my seun!”
5 Joab het na die koning toe in die kamer gegaan en hy het vir hom gesê: “Jou manne het vandag jou lewe gered, en die lewens van jou seuns en jou dogters, jou vroue en jou byvroue, maar jy verneder hulle.