21 Abisai seun van Seruja het gesê: “Simeï moet sterf, want hy het die gesalfde van die Here vervloek.”
22 Maar Dawid het gesê: “Seuns van Seruja, hoekom sê julle dit vir my? Wil julle my vandag verkeerd laat doen? Ons maak vandag niemand dood in die land Israel nie, want ek weet ek is vandag koning van Israel.”
23 Die koning het vir Simeï gesê: “Jy sal nie sterf nie.”Die koning het dit belowe en hy het gesê die Here is getuie.
24 Mefiboset kleinseun van Saul het ook vir Dawid kom ontmoet. Vandat die koning weg is totdat hy veilig teruggekom het, het Mefiboset nie sy voete gewas of sy baard geknip of sy klere gewas nie.
25 Toe hy in Jerusalem gekom het om die koning te ontmoet, het die koning vir hom gevra: “Mefiboset, hoekom het jy nie saam met my gekom nie?”
26 Mefiboset sê toe: “Meneer die koning, die man wat my moet help, het my gelos. My bene is verlam, en ek het gesê hy moet vir my ’n donkie opsaal sodat ek kan ry en saam met die koning kan gaan.
27 En hy het ook nog geskinder oor my by Meneer die koning, maar Meneer die koning is soos ’n engel van God, jy moet doen wat jy dink is reg.