31 Barsillai van die land Gilead het van die stad Rogelim gekom om saam met die koning deur die Jordaan-rivier te gaan en hom te groet.
32 Barsillai was baie oud, hy was 80 jaar oud. Dit is hy wat vir die koning gesorg het terwyl die koning in Maganajim gewoon het. Hy kon dit doen, want hy was baie ryk.
33 Die koning het vir Barsillai gesê: “Jy moet saam met my kom, ek sal vir jou sorg in Jerusalem.”
34 Maar Barsillai het vir die koning gesê: “Ek sal nie meer lank lewe nie. Hoekom sal ek saam met die koning gaan?
35 Ek is nou 80 jaar oud. Ek weet nie meer wat is goed vir my en wat is nie goed nie, ek kan nie meer proe wat ek eet of drink nie, ek sal nie meer kan hoor wanneer mense sing nie. Dit sal vir die koning te veel wees om vir my te sorg.
36 Ek sal ’n klein entjie saam met die koning deur die Jordaan-rivier gaan. Hoekom wil die koning hierdie ding vir my doen?
37 Laat my asseblief teruggaan. Ek wil in my stad sterf by die graf van my ouers. Maar hier is my seun Kimham. Hy kan saam met die koning gaan, en jy kan vir hom doen wat jy besluit om te doen.”