4 Die koning het ’n doek oor sy kop gegooi en hy het hard aangehou skree: “My seun Absalom, Absalom, my seun, my seun!”
5 Joab het na die koning toe in die kamer gegaan en hy het vir hom gesê: “Jou manne het vandag jou lewe gered, en die lewens van jou seuns en jou dogters, jou vroue en jou byvroue, maar jy verneder hulle.
6 Jy is lief vir die mense wat jou haat en jy haat die mense wat lief is vir jou, want jy wys dat jy dink jou offisiere en manne is nie belangrik nie. Ek weet nou jy sou bly gewees het as Absalom nog gelewe het, en as ons almal dood was.
7 Daarom, jy moet nou opstaan en vriendelik gaan praat met jou manne. Ek belowe jou, en die Here is my getuie, as jy nie uitkom en met hulle praat nie, dan sal niemand vannag hier by jou bly nie. En dan sal dit baie sleg gaan met jou, slegter as wat dit gegaan het vandat jy jonk was tot nou toe.”
8 Die koning het toe opgestaan en hy het in die poort gaan sit. Toe die manne hoor dat hy in die poort sit, het hulle almal gekom om hom te sien. Die manne van Israel het gevlug, elkeen na sy huis.
9 Al die mense van die Israel-stamme het met mekaar begin praat. Hulle het gesê: “Die koning het ons gered van ons vyande, hy het ons vrygemaak van die Filistyne, en nou het hy uit die land gevlug oor Absalom.
10 Ons het vir Absalom gesalf om oor ons te regeer, maar Absalom het gesterf in die oorlog. En nou, hoekom doen julle niks om die koning te laat terugkom nie?”