40 Die koning het verder gegaan na die stad Gilgal, en Kimham het saam met hom gegaan. Al die mense van Juda was daar, hulle het saam met die koning geloop, en die helfte van die mense van Israel het ook saamgegaan.
41 En daar kom al die Israel-manne toe na die koning toe en hulle vra vir hom: “Hoekom het ons broers, die manne van Juda, die koning gesteel? Hoekom het hulle saam met die koning en sy huisgesin en al die manne van Dawid deur die Jordaan-rivier gekom?”
42 Maar al die manne van Juda het vir die manne van Israel gesê: “Die koning is familie van ons. Hoekom is julle kwaad hieroor? Die koning het nie vir ons kos of presente gegee nie.”
43 En die mense van Israel het vir die mense van Juda geantwoord en gesê: “Ons is tien stamme, Dawid is óns koning meer as wat hy júlle koning is. Hoekom het julle ons verneder? Ons het eerste gesê ons wil die koning laat terugkom.”Maar Juda het gewen.