16 Daar was ’n slim vrou in die stad, sy het geskree: “Luister, luister na my! Sê asseblief vir Joab hy moet nader kom hiernatoe, ek wil met hom praat.”
17 Toe Joab nader kom, het die vrou gevra: “Is jy Joab?”En Joab het gesê: “Ja, ek is.”Sy sê toe vir hom: “Luister na wat ek sê.”En hy het gesê: “Goed, ek luister.”
18 Die vrou het gesê: “Die mense het voorheen altyd gesê: ‘Vra vir iemand in die stad Abel,’ en dan het hulle geweet wat om te doen.
19 Ek is een van die baie mense in die land Israel wat vrede wil hê en ek wil gehoorsaam wees aan die koning. Hoekom wil jy die mense van hierdie belangrike stad doodmaak? Dit is ’n stad wat aan die Here behoort, hoekom wil jy dit verwoes?”
20 Joab het geantwoord: “Nee, ek wil glad nie die stad verwoes en sy mense doodmaak nie.
21 Dit is nie wat ek wil doen nie. Maar iemand van die Efraim-berge het opstandig geword teen die koning, teen Dawid. Sy naam is Seba seun van Bikri. Gee hom vir ons, dan sal ons weggaan van die stad.”Die vrou het vir Joab gesê: “Goed, ons sal sy kop vir jou oor die muur gooi.”
22 Die vrou het na al die manne in die stad gegaan en sy het vir hulle gesê wat sy dink hulle moet doen. Hulle het toe die kop van Seba seun van Bikri afgekap en hulle het dit vir Joab gegooi. Joab het die ramshoring geblaas en hy en sy manne het weggegaan van die stad, elkeen na sy huis. Joab het teruggegaan na Jerusalem, na die koning toe.