20 Joab het geantwoord: “Nee, ek wil glad nie die stad verwoes en sy mense doodmaak nie.
21 Dit is nie wat ek wil doen nie. Maar iemand van die Efraim-berge het opstandig geword teen die koning, teen Dawid. Sy naam is Seba seun van Bikri. Gee hom vir ons, dan sal ons weggaan van die stad.”Die vrou het vir Joab gesê: “Goed, ons sal sy kop vir jou oor die muur gooi.”
22 Die vrou het na al die manne in die stad gegaan en sy het vir hulle gesê wat sy dink hulle moet doen. Hulle het toe die kop van Seba seun van Bikri afgekap en hulle het dit vir Joab gegooi. Joab het die ramshoring geblaas en hy en sy manne het weggegaan van die stad, elkeen na sy huis. Joab het teruggegaan na Jerusalem, na die koning toe.
23 Joab was die hoof van die hele leër van Israel. Benaja seun van Jojada was die hoof van die manne wat die koning opgepas het.
24 Adoram was die hoof van die mense wat vir die koning moes werk. Josafat seun van Agilud was die hoof van die amptenare.
25 Seja was die sekretaris, en Sadok en Abjatar was die priesters.
26 Ira van die stad Jaïr was ook ’n priester van Dawid.