5 Hulle het vir die koning gesê: “Daar was ’n man wat ons mense doodgemaak het en wat ons almal wou doodmaak sodat ons nie meer ’n plek sal hê in die hele Israel nie.
6 Ons vra sewe manne van sy nageslag. Ons wil hulle ophang by die tempel in die stad Gibea-van-Saul, die stad van die man vir wie die Here gekies het.”Die koning het gesê: “Goed, ek sal die sewe manne gee.”
7 Die koning het nie vir Mefiboset seun van Jonatan gegee nie, want Dawid en Jonatan het voorheen ’n ooreenkoms gemaak, en die Here was die getuie.
8 Maar Dawid het die twee seuns van Saul en Rispa dogter van Aja gevat, en ook vyf seuns van Mikal dogter van Saul. Dit was haar en Adriël seun van Barsillai van Megola se vyf seuns.
9 Dawid het die seuns vir die mense van Gibeon gegee, en die mense van Gibeon het hulle opgehang op die berg by die tempel. Die sewe manne het saam gesterf. Dit het gebeur in die tyd toe die mense begin het om die gars af te sny.
10 Rispa dogter van Aja het rouklere geneem en sy het dit oopgegooi oor ’n rots. Sy het daar gebly vandat hulle begin het om die gars af te sny totdat dit begin reën het. Sy het gekeer sodat die voëls nie in die dag by hulle liggame kon kom nie, en ook nie die wilde diere in die nag nie.
11 Dawid het gehoor wat Rispa dogter van Aja gedoen het. Rispa was ’n byvrou van Saul.