30 Ja, wanneer U by my is,dan kan ek ’n klompmense aanval,wanneer U, my God, by my is,dan kan ek oor’n hoë muur spring.
31 “Wat God doen, is alles reg,wat die Here sê, is altyd waar.Hy is soos ’n skild vir almalwat na Hom toe vlug.
32 Die Here is die enigste God,net ons God is ’n Rots.
33 Hy is die God wat sterk is,ek is veilig by Hom,Hy maak my lewe veilig.
34 Hy laat my so vas staansoos ’n ribbok,Hy laat my veilig staanop hoë plekke.
35 Hy leer vir my om oorlogte maak,Hy maak my arms sterksodat ek die snaarvan ’n brons-boogstyf kan trek.
36 Die skild wat U vir my gee,red my lewe,U help my,en dit gaan goed met my.