38 Ek volg en jaag my vyande,ek kom tot by hulle,ek draai nie omvoordat hulle almaldood is nie.
39 Ek maak hulle dood,ek slaan hulle,hulle staan nie weer op nie,hulle lê voor my voete.
40 U maak my sterk om oorlogte maak,U laat my vyandeop hulle knieë staanvoor my.
41 U laat hulle vlug, weg van my,en ek kan die mensewat my haat,vir altyd stilmaak.
42 Hulle skree en vra dat iemandhulle moet help,maar niemand red hulle nie,hulle roep na die Here,maar Hy antwoord hulle nie.
43 Ek slaan hulle fyn soos stof,ek trap op hulle soos ek trapop die modder in die paaie,ek trap hulle plat.
44 “U red my van my eie mensewat opstandig is teen my.U maak my die hoof van volkeen U beskerm my.Mense wat ek nie geken het nie,doen nou wat ek sê.