4 is soos die oggendligwanneer die son opkomen daar nie wolke is nie,en die reën blinkop die groen plantewat uit die aarde groei.
5 Dit is hoe ek en my nageslagby God is,want Hy het ’n verbondgemaak met my,’n verbond wat altydsal wees,sodat ek alles sal doensoos dit moet wees,en sodat ek veilig sal wees.Hy help my en Hy gee vir mywat ek graag wil hê,alles kom van Hom.
6 Maar slegte menseis soos doringswat jy weggooi,jy raak nie daaraanmet jou kaal hand nie.
7 Iemand wat met die doringsmoet werk,gebruik ’n yster of ’n spiesse steel,en hy verbrand die doringsdaar waar dit lê.”
8 Dawid het spesiale manne gehad wat goed oorlog kon maak. Hier is hulle name:Joseb-Bassebet van die stad Tagkemon was die leier van die eerste drie manne. Hy het 800 manne op een plek doodgemaak met sy spies.
9 Die volgende man van die eerste drie manne was Eleasar seun van Dodi van die stad Agoag. Eleasar was by Dawid toe hulle die Filistyne aangeval het wat bymekaargekom het om oorlog te maak. Die manne van Israel het gevlug,
10 maar Eleasar het bly staan en hy het Filistyne plat geslaan. Hy het aangehou totdat sy arm moeg was en sy hand vasgesit het aan die swaard. Die Here het hom laat wen teen al die Filistyne, en die ander manne van Israel het teruggekom net om die Filistyne se goed te vat.