2 Die koning het toe vir Joab, die hoof van die leër, gesê: “Jy moet asseblief deur al die stamme van Israel gaan, van die stad Dan tot by die stad Berseba, en jy moet die mense tel. Ek wil weet hoeveel hulle is.”
3 Joab het vir die koning gesê: “Ek wens jou God die Here maak die volk 100 maal meer as wat hulle is. Ek wens dat die koning self sal sien dat dit so is. Maar, Meneer die koning, hoekom wil jy hierdie ding doen?”
4 Maar die koning het gesê Joab en die offisiere móét dit doen, en hulle moes doen wat die koning gesê het. Hulle het weggegaan van die koning om die volk Israel te tel.
5 Hulle het oor die Jordaan-rivier gegaan en hulle het hulle tente opgeslaan naby die stad Aroër, suid van die stad wat in die vallei is. Daarna het hulle deur die land Gad gegaan en ook deur Jaser.
6 Hulle het gekom in die land Gilead en in die land Tagtim-Godsi. En toe het hulle deur Dan-Jaän gegaan en oral tot by die stad Sidon.
7 Daarna het hulle gekom by Tirus, die stad wat sterk mure het, en by al die stede van die Hewiete en Kanaäniete, en toe het hulle deur die Suid-land van Juda gegaan tot by die stad Berseba.
8 So het hulle deur die hele land gegaan en ná nege maande en 20 dae het hulle weer aangekom in Jerusalem.