11 Is-Boset was so bang vir Abner dat hy niks kon sê nie.
12 Abner het dadelik vir Dawid ’n boodskap gestuur en gesê: “Die hele land behoort aan jou. As jy ’n ooreenkoms maak met my, dan sal ek jou help om koning te word oor die hele Israel.”
13 Dawid het geantwoord en gesê: “Goed, ek sal ’n ooreenkoms maak met jou, maar ek vra vir jou een ding: Jy moet vir Mikal, dogter van Saul, saambring. As jy haar nie saambring nie, dan moet jy nie na my toe kom nie.”
14 Dawid het ook vir Is-Boset ’n boodskap gestuur en gesê: “Jy moet my vrou Mikal vir my teruggee. Ek het 100 Filistyne doodgemaak om haar te kry.”
15 Is-Boset het iemand gestuur en hy het Mikal weggevat van haar man Paltiël seun van Lus.
16 Haar man het saam met haar gegaan en hy het geloop en huil tot by die stad Bagurim. Maar toe Abner vir hom sê hy moet teruggaan, het hy omgedraai en teruggegaan.
17 Abner het vir die leiers van Israel gesê: “Julle wou lankal hê dat Dawid julle koning moet word. Daarom, maak hom nou julle koning. Want die Here het gesê: