4 Die vierde seun was Adonija, sy ma was Gaggit.Die vyfde seun was Sefatja, sy ma was Abital.
5 Die sesde seun was Jitream, sy ma was Dawid se vrou Egla.Dit is die seuns van Dawid wat in Hebron gebore is.
6 Terwyl die oorlog tussen Is-Boset en Dawid aangehou het, het Abner probeer om ’n belangrike persoon te word in die familie van Saul.
7 Saul het ’n byvrou gehad, sy was Rispa dogter van Aja. Is-Boset het vir Abner gevra: “Hoekom slaap jy by my pa se byvrou?”
8 Abner het baie kwaad geword omdat Is-Boset dit gesê het. Abner het gesê: “Dink jy ek wil teen jou veg saam met die mense van Juda? Ek het gebly by jou pa Saul se familie, by sy broers en sy vriende, en ek het jou beskerm teen Dawid. Hoekom is jy nou kwaad vir my? Hoekom sê jy ek het iets verkeerd gedoen met die vrou?
9-10 Die Here het vir Dawid belowe dat hy koning sal word oor Israel en Juda, koning oor die hele land, van die stad Dan tot by die stad Berseba. God sal my straf as ek nie nou sal help om dit te laat gebeur nie. Dan sal daar nie meer ’n koning uit die familie van Saul wees nie.”
11 Is-Boset was so bang vir Abner dat hy niks kon sê nie.