9 Dawid het die broers Rekab en Baäna, die seuns van Rimmon van die stad Beërot, geantwoord en hy het vir hulle gesê: “Luister, so seker soos die Here lewe wat my uit elke gevaar gered het,
10 toe iemand vir my in Siklag kom vertel het dat Saul dood is, het hy gedink hy bring goeie nuus. Toe het ek hom gegryp en ek het hóm doodgemaak. Dit is wat ek vir hom gegee het vir sy goeie nuus.
11 En wanneer skelms ’n onskuldige man in sy huis op sy bed doodgemaak het, wat moet ek doen? Ek moet julle straf omdat julle hom vermoor het en ek moet julle wegvee van die aarde.”
12 Dawid het toe vir die jongmanne gesê om die twee manne dood te maak. Die jongmanne het dit gedoen en hulle het die twee manne se hande en voete afgekap. Hulle het die manne opgehang by die dam in Hebron. Hulle het die kop van Is-Boset geneem en hulle het dit begrawe in die graf van Abner in Hebron.