12 Dawid het besef dat die Here vir hom koning oor Israel gemaak het. Hy het besef dat die Here lief is vir sy volk Israel en dat Hy daarom vir Dawid ’n belangrike koning laat word het.
13 Nadat Dawid uit Hebron gekom het, het hy met nog vroue en byvroue in Jerusalem getrou, en hulle het vir Dawid nog seuns en dogters gekry.
14 Hier is die name van die kinders van Dawid wat in Jerusalem gebore is: Sammua, Sobab, Natan, Salomo,
15 Jibgar, Elisua, Nefeg, Jafija,
16 Elisama, Eljada en Elifelet.
17 Die Filistyne het gehoor dat die leiers van Israel vir Dawid koning gemaak het, en al die Filistyne het vir Dawid kom soek. Dawid het dit gehoor en hy het na ’n plek in die berge gegaan waar ’n mens nie maklik kan kom nie.
18 Die Filistyne het gekom tot in Spook-laagte.