12 Koning Dawid het gehoor dat die Here dit goed laat gaan met die huisgesin van Obed-Edom en met alles wat hy het, omdat die kis van God by hom is. Dawid het toe gegaan en hy het die kis van God uit die huis van Obed-Edom geneem en hy het dit na die Dawidstad gebring. Dawid was baie bly.
13 Die manne wat die kis gedra het, het ses tree geloop, en daarna het Dawid ’n bul en ’n vet jong bees ge-offer. Hy het dit elke maal gedoen wanneer hulle ses tree geloop het.
14 Dawid het wild gedans voor die Here. Hy het ’n linne-skouer-kleed aangehad.
15 Dawid en al die leiers van Israel het die kis van God gebring. Hulle het geskree en hulle het ramshorings geblaas.
16 Toe die kis van die Here in die Dawidstad kom, het Mikal dogter van Saul by die venster uitgekyk en sy het gesien hoe spring en dans koning Dawid voor die Here. Sy het Dawid nie meer gerespekteer nie.
17 Dawid het ’n tent laat opslaan vir die kis van die Here. Hulle het toe die kis gebring en hulle het dit neergesit op sy plek in die tent. Dawid het brand-offers en ete-offers vir die Here gebring.
18 Daarna het hy die Naam van die Here wat oor alles regeer, genoem en hy het die mense gegroet.