17 God het daardie vier seuns baie slim gemaak. Hulle het van alles geweet, en Daniël kon ook sê wat dit beteken wanneer iemand droom en iets sien.
18 Die koning het gesê hulle moet die seuns ná drie jaar bring. Toe die drie jaar verby was, het Aspenas die seuns na koning Nebukadnesar toe gebring.
19 Die koning het met hulle gepraat en hy het nie ander seuns gekry wat so slim was soos Daniël, Gananja, Misael en Asarja nie. Hulle het begin werk vir die koning.
20 Die koning het partymaal vir hulle gevra wat hulle dink hy moet doen. Hulle antwoord was dan tien maal beter as die antwoorde van al die slim mense in sy hele land.
21 Daniël het by die koning gewerk tot in die eerste jaar nadat Kores koning geword het.