1 Darius was koning in die land van die Mediërs. Hy het koning geword toe hy 62 jaar oud was.
2 Hy het 120 goewerneurs gekies om te regeer oor al die lande wat aan hom behoort.
3 Koning Darius het ook drie hoof-amptenare gekies. Hulle moes kyk dat die goewerneurs hulle werk goed doen soos die koning wil hê. Een van die hoof-amptenare was Daniël.
4 Daniël het sy werk beter gedoen as die ander twee hoof-amptenare en die goewerneurs, want hy was baie slim. Die koning het toe besluit hy wil vir Daniël kies om die belangrikste hoof-amptenaar te wees.
5 Die ander twee hoof-amptenare en die goewerneurs wou by die koning gaan kla oor Daniël. Hulle wou vir die koning sê hy doen nie sy werk nie en hy werk nie reg nie. Maar hulle kon niks kry wat Daniël verkeerd gedoen het nie, want hy het alles goed en reg gedoen.
6 Die ander twee hoof-amptenare en die goewerneurs sê toe vir mekaar: “Ons sal net by die koning oor Daniël kan gaan kla wanneer Daniël iets doen wat sy God wil hê.”
7 Die twee hoof-amptenare en die goewerneurs het vinnig na die koning toe gegaan en gesê: “Koning, ons hoop jy sal lank lewe.
8 Al jou belangrike amptenare het saam besluit dat jy ’n wet moet maak: Al die mense moet 30 dae lank net tot jou bid, en jy sal almal wat dit nie doen nie en tot ’n ander mens of god bid, vir die leeus gooi.
9 Koning, jy moet nou hierdie wet maak, en dit moet ’n wet wees van Medië en Persië, ’n wet wat niemand kan verander nie.”
10 Koning Darius het toe die wet gemaak.
11 Daniël het gehoor van die nuwe wet, maar hy het in sy huis gegaan en hy het elke dag drie maal gekniel en gebid en sy God geprys soos hy altyd gedoen het. Hy het gebid voor die oop vensters van die kamer op die dak. Die vensters was oop na Jerusalem toe.
12 Die ander amptenare het nader gehardloop en gesien Daniël bid tot sy God.
13 Hulle gaan praat toe met die koning oor die wet wat hy gemaak het. Hulle het vir hom gesê: “Koning, jy het ’n wet gemaak: Al die mense mag 30 dae lank net tot jou bid, en as iemand in hierdie tyd tot ’n ander mens of god bid, dan sal jy hom vir die leeus gooi.”Die koning het gesê: “Ja, dit is ’n wet van Medië en Persië, niemand kan dit verander nie.”
14 Toe sê die amptenare vir die koning: “Een van die manne van Juda wat hier in Babel is, doen nie wat jy wil hê nie. Dit is Daniël, hy doen nie wat die wet sê nie. Hy bid drie maal elke dag tot sy God.”
15 Die koning was baie hartseer toe hy dit hoor. Hy wou vir Daniël red, en hy het die hele dag ’n plan probeer maak om Daniël te help.
16 Maar daardie amptenare het na die koning toe gegaan en vir hom gesê: “Koning, jy moet onthou, dit is ’n wet van Medië en Persië. Niemand kan ’n wet wat die koning gemaak het, verander nie.”
17 Die koning het toe gesê hulle moet vir Daniël bring en hulle moet hom vir die leeus gooi. Hulle het dit gedoen. Die koning het vir Daniël gesê: “Jou God wat jy aanhou dien, Hy sal jou red.”
18 Die leeus was in ’n gat in die grond. Die koning se manne het ’n klip oor die gat gesit en hulle het dit met klei toegemaak. Die koning en sy belangrike amptenare het hulle seëls in die klei gedruk sodat niemand die gat kan oopmaak om vir Daniël te red nie.
19 Die koning het huis toe gegaan. Hy het die hele nag niks geëet nie en met niemand gepraat nie. Hy kon nie slaap nie.
20 Toe dit lig word, het die koning vinnig na die gat gegaan waar die leeus was.
21 Toe hy naby die gat kom, het hy hard vir Daniël geroep en gesê: “Daniël, jy is ’n dienaar van die God wat lewe. Kon jou God jou red? Jy het aangehou om Hom te dien, kon Hy jou red, of het die leeus jou gevang?”
22 Daniël het vir die koning gesê: “Ek hoop die koning sal lank lewe.
23 Ja, my God het sy engel gestuur. Die engel het die leeus se bekke toegebind, en hulle kon my nie byt nie. My God het dit gedoen omdat Hy weet ek het niks verkeerd gedoen nie, ook nie teen jou nie, Koning.”
24 Die koning was baie bly. Hy het gesê hulle moet vir Daniël uithaal uit die gat, en hulle het dit gedoen. Daar was nie ’n stukkende plek aan Daniël nie, want hy het geglo sy God sal hom help.
25 Toe het die koning gesê hulle moet daardie manne bring wat wou hê dat Daniël moet sterf. Die koning het gesê hulle moet daardie manne vir die leeus gooi, ook hulle seuns en hulle vroue. Die leeus het hulle gevang en opgevreet nog voor hulle onder in die gat geval het.
26 Koning Darius het toe ’n brief geskryf vir al die volke wat op die aarde woon. Hy het geskryf:“Ek hoop dit sal met julle baie goed gaan.
27 Almal oor wie ek regeer, moet die God van Daniël dien en eer. Ek sê dit.“Hy is die God wat leween Hy sal altyd lewe.Hy sal altyd Koning wees,Hy sal altyd regeer.
28 Hy red mense en maak hulle vry.Hy doen tekens en wonderwerkein die hemel en op die aarde.Hy het vir Daniël gered,die leeus het nie vir Daniël gevang nie.”
29 Dit het goed gegaan met Daniël in die tyd toe Darius koning was en in die tyd toe Kores koning was, Kores, die man van die land Persië.