Daniël 1:2-9 ABA

2 Die Here het vir Nebukadnesar gehelp. Nebukadnesar het koning Jojakim van Juda oorwin en hy het party van die goed gevat wat in die tempel was. Nebukadnesar het vir Jojakim en die goed na die land Babel gevat, na die tempel van sy god. Hy het alles wat hy gevat het, gebêre in die stoorkamer by die tempel.

3-4 Aspenas was die hoof van die mense wat in koning Nebukadnesar se huis gewerk het. Die koning het vir Aspenas gesê hy moet ’n paar van die Israeliete se seuns bring om vir hom te werk. Die seuns moet familie wees van die koning van Israel, of hulle moet die seuns van belangrike mense wees. Die seuns moet heeltemal gesond en mooi en slim wees. Hulle moet van alles weet en hulle moet sterk wees, sodat hulle in die koning se huis kan werk. Hulle moet eers leer om die taal van die mense van Babel te praat en te skryf.

5 Hulle moet drie jaar lank leer, en dan moet hulle vir die koning kom werk. In daardie drie jaar moet hulle net van die koning se kos eet en van sy wyn drink.

6 Vier van die seuns was Daniël, Gananja, Misael en Asarja. Hulle het van die land Juda gekom.

7 Aspenas het vir hulle ander name gegee. Hy het vir Daniël genoem Beltsassar, vir Gananja het hy Sadrag genoem, vir Misael het hy Mesag genoem, en vir Asarja het hy Abed-Nego genoem.

8 Daniël het besluit hy wil nie die koning se kos eet en sy wyn drink nie, want as hy dit doen, dan sal hy onrein word. Hy het gevra of Aspenas tevrede sal wees as hy nie die koning se kos eet nie, want hy wil nie onrein word nie.

9 Aspenas het van Daniël gehou en hy was jammer vir hom. God het Aspenas jammer laat voel vir Daniël.