17 Ek is soos ’n slaaf vir Meneer. Ek kan nie met jou praat nie. Ek is te swak, ek het nie asem nie.”
18 Die man wat soos ’n mens gelyk het, het weer aan my geraak. Ek het toe sterk geword.
19 Hy het vir my gesê: “Jy moenie bang wees nie. God hou van jou. Hy sal dit goed laat gaan met jou en Hy sal jou sterk maak.”Ek het sterk geword toe die man met my gepraat het. Ek het gesê: “Meneer, jy kan nou praat, want jy het my sterk gemaak.”
20-21 Die man het gesê: “Weet jy hoekom ek na jou toe gekom het? Ek moet nou teruggaan om oorlog te maak teen die engel van die Perse. Wanneer ek hom gewen het, dan sal die engel van die Grieke my aanval. Niemand help my om teen hulle oorlog te maak nie, net julle engel Migael help my. Maar ek sal nou vir jou sê wat geskryf is in die Boek van die Waarheid.