2 Ek, Daniël, het daardie tyd drie weke lank gerou en getreur.
3 Ek het nie lekker kos geëet nie, ek het nie vleis geëet en wyn gedrink nie, en daardie drie weke het ek nie olyf-olie aan my gesmeer nie.
4 Ek het op die wal van die groot Tigris-rivier gestaan. Dit was op die 24ste dag van die eerste maand.
5 Ek het gekyk en toe sien ek daar staan ’n man. Sy klere was van linne en sy belt was van goud.
6 Sy lyf was soos mooi klip, sy gesig was soos weerlig en sy oë was soos vlamme vuur. Sy arms en bene was soos brons wat blink gevryf is. Wanneer hy gepraat het, dan was sy stem soos die stemme van baie mense wat saam praat.
7 Net ek, Daniël, het die man gesien. Die manne wat by my was, het niks gesien nie, maar hulle het groot geskrik en hulle het weggekruip.
8 Ek was alleen en ek het die man gesien. Ek was baie bang, my gesig was baie bleek en ek het baie swak geword.