10 “Dan sal die seuns van die koning van die noorde baie soldate bymekaarmaak. Die koning van die noorde en sy soldate sal kom soos ’n watervloed wat oor alles vloei. Hy sal gereedmaak en hy sal die koning van die suide aanval in die stad wat sterk mure het.
11 Die koning van die suide sal baie kwaad word. Hy sal oorlog maak teen die koning van die noorde en hy sal die baie soldate oorwin.
12 En wanneer hy gewen het, sal hy hoogmoedig word. Hy sal tienduisende mense doodmaak. Maar hy sal nie sterk bly nie.
13 Die koning van die noorde sal teruggaan en hy sal nog meer soldate bymekaarmaak. Ná ’n lang tyd sal hy kom en hy sal baie soldate en baie wapens saambring.
14 “In daardie tyd sal baie mense nie meer die koning van die suide wil dien nie. Daniël, party mense van jou volk sal hom ook nie meer wil dien nie. Hulle sal dink hulle moet oorlog maak om vry te word. Maar die koning sal hulle laat doodmaak.
15 “Die koning van die noorde sal kom en hy sal ’n hoop grond gooi teen die sterk mure om die stad van die koning van die suide. Dan sal sy soldate oor die mure klim en hulle sal in die stad kom. Die koning van die suide en al sy sterk soldate sal nie die koning van die noorde kan keer nie.
16 Die koning van die noorde sal doen wat hy wil. Niemand sal hom keer nie. Hy sal ook die pragtige land vir homself vat en hy sal dit verwoes.