27 Die twee konings sal saam eet, maar hulle sal vir mekaar lieg en hulle sal slegte planne maak teen mekaar. Hulle sal nie kan doen wat hulle wil doen nie, want God het besluit hulle sal nie meer konings wees nie.
28 “Die koning van die noorde sal teruggaan na sy land en hy sal baie goed saamvat. Hy sal slegte dinge doen aan die gewyde mense. Dan sal hy teruggaan na sy land. God het ’n verbond gemaak met die gewyde mense.
29 “Wanneer God besluit het dit is die regte tyd, dan sal die koning van die noorde weer na die suide kom, maar dit sal nie wees soos voorheen nie.
30 Die Romeine sal met skepe kom om oorlog te maak teen die koning van die noorde, en hy sal skrik en teruggaan na sy land. Maar eers sal hy weer slegte dinge doen aan die gewyde mense, God het ’n verbond gemaak met die gewyde mense. Hy sal vriendelik wees met die mense wat ontrou is aan God se verbond.
31 Hy sal soldate stuur, en hulle sal die tempel ontwy. Hy sal sê die priesters mag nie meer elke dag offer nie. Hy sal iets in die tempel neersit wat vir God baie kwaad maak en wat alles verwoes.
32 Die koning sal baie vriendelik wees met die mense wat verkeerd doen teen die verbond, maar die mense wat vir God ken, sal aanhou om nie verkeerde dinge te doen nie.
33 Die verstandige leiers van die volk sal baie mense help om te verstaan wat gebeur, maar die koning sal party van die leiers laat doodmaak en verbrand. Hy sal ook party leiers wegvat na sy land toe.