2 Baie mense wat nou in hulle grafte slaap, sal wakker word. Party mense sal altyd lewe, en God sal party mense vir altyd verneder en haat.
3 Almal wat verstandig was en reg gedoen het aan ander mense, sal altyd skyn soos die sterre in die lug.
4 En jy, Daniël, jy moet stilbly. Jy moet die boek toehou totdat die dag kom wanneer die tyd verby is. Baie mense sal oral soek en probeer verstaan wat gebeur.”
5 Toe ek, Daniël, weer kyk, staan daar twee ander manne, die een man aan die een kant naby my, en die ander man aan die ander kant van die rivier.
6 Die man met die linne-klere was in die lug bo die water van die rivier, en een van die manne langs die rivier het vir hom gevra: “Hoe lank sal hierdie wonderlike dinge aanhou?”
7 Ek het gehoor die man met die linne-klere hou sy twee hande op na die hemel en hy vra die God wat altyd lewe om sy getuie te wees. Die man het gesê: “Drie en ’n half jaar lank. Die wonderlike dinge sal ophou wanneer die gewyde volk klaar swaargekry het.”
8 Ek het gehoor wat hy sê, maar ek het dit nie verstaan nie. Daarom het ek gevra: “Meneer, hoe sal die end wees van hierdie dinge?”