6 Die man met die linne-klere was in die lug bo die water van die rivier, en een van die manne langs die rivier het vir hom gevra: “Hoe lank sal hierdie wonderlike dinge aanhou?”
7 Ek het gehoor die man met die linne-klere hou sy twee hande op na die hemel en hy vra die God wat altyd lewe om sy getuie te wees. Die man het gesê: “Drie en ’n half jaar lank. Die wonderlike dinge sal ophou wanneer die gewyde volk klaar swaargekry het.”
8 Ek het gehoor wat hy sê, maar ek het dit nie verstaan nie. Daarom het ek gevra: “Meneer, hoe sal die end wees van hierdie dinge?”
9 Hy het gesê: “Jy moet nou gaan, Daniël, want die tyd moet eers verby wees, dan sal mense weet wat hierdie dinge beteken.
10 Baie mense sal rein en skoon en goed word, maar die slegte mense sal sleg bly. Nie een van die slegte mense sal verstaan nie, maar die verstandige leiers sal verstaan.
11 Die koning sal sê die priesters moenie elke dag offer nie. Hy sal ook iets in die tempel sit wat vir God baie kwaad sal maak en wat alles sal verwoes. Daarna sal 1 290 dae verbygaan.
12 Dit sal goed gaan met die mense wat geduldig wag totdat 1 335 dae verbygegaan het.