1 Koning Nebukadnesar het gedroom. Dit was in die tweede jaar nadat hy koning geword het. Hy het bekommerd geword. Hy kon nie weer slaap nie.
2 Die koning het toe al die slim mense laat roep sodat hulle vir hom kon sê wat hy gedroom het. Hulle het gekom en hulle het voor die koning gaan staan.
3 Die koning het vir hulle gesê: “Ek het gedroom en ek is bekommerd oor wat ek gedroom het. Ek wil weet wat die droom beteken.”
4 Die slim mense het toe in die Aramese taal gepraat en vir die koning gesê: “Ons hoop die koning sal lank lewe. Sê vir ons wat jy gedroom het, dan sal ons vir jou sê wat dit beteken.”