11 Die koning wil hê ons moet iets doen wat ons nie kan doen nie. Niemand anders kan dit doen nie. Net die gode kan dit doen, en hulle woon nie hier by die mense nie.”
12 Die koning word toe baie kwaad, en hy sê sy soldate moet al die wyse mense in Babel doodmaak.
13 Toe die koning sê hulle moet die wyse mense doodmaak, het die soldate vir Daniël en sy vriende ook gesoek om hulle dood te maak.
14 Arjok was die hoof van die soldate wat die koning moes oppas, en die koning het gesê hy moet die wyse mense van Babel doodmaak. Arjok het gegaan om dit te doen, maar toe het Daniël met hom gaan praat. Daniël was slim om met Arjok te gaan praat.
15 Hy het vir Arjok gevra: “Hoekom is die koning so kwaad? Hoekom het hy besluit om ons dood te maak?”Arjok het vir Daniël vertel wat gebeur het.
16 Daniël het na die koning toe gegaan en gevra die koning moet ’n bietjie wag, dan sal hy vir die koning sê wat die droom beteken.
17 Daniël het huis toe gegaan en vir sy vriende Gananja, Misael en Asarja vertel wat gebeur het.