13 Toe die koning sê hulle moet die wyse mense doodmaak, het die soldate vir Daniël en sy vriende ook gesoek om hulle dood te maak.
14 Arjok was die hoof van die soldate wat die koning moes oppas, en die koning het gesê hy moet die wyse mense van Babel doodmaak. Arjok het gegaan om dit te doen, maar toe het Daniël met hom gaan praat. Daniël was slim om met Arjok te gaan praat.
15 Hy het vir Arjok gevra: “Hoekom is die koning so kwaad? Hoekom het hy besluit om ons dood te maak?”Arjok het vir Daniël vertel wat gebeur het.
16 Daniël het na die koning toe gegaan en gevra die koning moet ’n bietjie wag, dan sal hy vir die koning sê wat die droom beteken.
17 Daniël het huis toe gegaan en vir sy vriende Gananja, Misael en Asarja vertel wat gebeur het.
18 Hy het gebid die God van die hemel moet vir hulle goed wees en vir hom sê wat die koning gedroom het. Dan sal die koning se manne nie vir Daniël en sy vriende doodmaak saam met die ander wyse mense van Babel nie.
19 Die God van die hemel het daardie nag vir Daniël gewys wat die koning gedroom het. Daniël het God geprys.