19 Die God van die hemel het daardie nag vir Daniël gewys wat die koning gedroom het. Daniël het God geprys.
20 Hy het gesê:“Die mense moet die Naamvan God altyd prys,want Hy weet allesen Hy is baie sterk.
21 Hy laat jare en maande verbygaanen Hy sê wat moet gebeur.Hy vat konings weg,Hy kies nuwe koningsen stel hulle aan.God gee wysheid en kennisvir wyse en verstandige mense.
22 Hy help mense om moeilike dingete verstaan.Hy weet wat in die donker is,want by Hom is lig.
23 Ek prys U,God van my voorvaders,want U het vir my wysheid gegeeen U het my sterk gemaak.U het vir my gesêwat ek vir U gevra het.U het vir ons gesêwat die koning gedroom het.”
24 Daarna het Daniël na Arjok toe gegaan. Arjok moes die wyse mense van Babel doodmaak. Daniël het vir Arjok gesê: “Jy moenie die wyse mense van Babel doodmaak nie. Vat my na die koning toe, dan sal ek vir hom sê wat sy droom beteken.”
25 Arjok het gou vir Daniël na die koning toe gebring en vir die koning gesê: “Ek het ’n man gekry wat vir jou kan sê wat die droom beteken. Dit is een van die gevangenes wat uit Juda gekom het.”