28 Maar in die hemel is daar ’n God wat kan sê wat mense nie weet nie. Hy het vir jou, koning Nebukadnesar, gewys wat later sal gebeur. Ek sal nou vir jou vertel wat jy gedroom en gesien het toe jy geslaap het:
29 “Jy, Koning, het op jou bed gelê en gedink wat later sal gebeur, en die God wat kan sê wat mense nie weet nie, het vir jou gewys wat sal gebeur.
30 Ek weet nie meer as ander mense nie, maar God het vir my gesê wat die ander mense nie weet nie. Hy wil hê jy moet weet wat die droom beteken. Jy moet die dinge verstaan waaroor jy gedink het.
31 “Koning, jy het iets gesien. Dit was ’n groot beeld wat voor jou gestaan het. Die beeld was groot en dit het geblink. Jy het geskrik toe jy die beeld sien.
32 Die beeld se kop was van skoon goud, sy bors en sy arms was van silwer, sy maag en sy heupe was van brons,
33 sy bene was van yster, en sy voete was van yster en van klei.
34 Jy het gekyk, en toe kom daar ’n klip en dit val op die beeld se voete, op die yster en klei. Die klip het die beeld se voete stukkend geval. Dit was nie ’n mens wat die klip gegooi het nie.