34 Jy het gekyk, en toe kom daar ’n klip en dit val op die beeld se voete, op die yster en klei. Die klip het die beeld se voete stukkend geval. Dit was nie ’n mens wat die klip gegooi het nie.
35 Die klip het alles fyngebreek, die yster, die klei, die brons, die silwer en die goud.“Dit het fyn geword soos die kaf van koring op die dorsvloer in die somer. Die wind het die fyn stukkies van die beeld weggewaai, en niemand het dit weer gesien nie. Maar die klip wat die beeld stukkend geval het, het ’n baie groot klip geword. Dit het die hele aarde toegemaak.
36 Koning, dit is wat jy gedroom het, en ons sal nou vir jou sê wat die droom beteken.
37 “Koning, jy is die kop van goud. Jy is ’n koning van ander konings. Die God van die hemel het vir jou koning gemaak en jy het baie sterk en belangrik geword.
38 Hy het gesê jy kan regeer oor die mense, die diere en die voëls op die hele aarde.
39 Ná jou sal daar ander konings kom wat nie so belangrik soos jy sal wees nie. Hulle is soos die silwer. Dan sal daar nog ander konings kom wat oor die hele aarde sal regeer. Hulle is soos die brons.
40 Die konings wat daarna sal kom, sal so hard soos yster wees, want yster maak alles stukkend en fyn.