37 “Koning, jy is die kop van goud. Jy is ’n koning van ander konings. Die God van die hemel het vir jou koning gemaak en jy het baie sterk en belangrik geword.
38 Hy het gesê jy kan regeer oor die mense, die diere en die voëls op die hele aarde.
39 Ná jou sal daar ander konings kom wat nie so belangrik soos jy sal wees nie. Hulle is soos die silwer. Dan sal daar nog ander konings kom wat oor die hele aarde sal regeer. Hulle is soos die brons.
40 Die konings wat daarna sal kom, sal so hard soos yster wees, want yster maak alles stukkend en fyn.
41 Jy het voete en tone gesien van klei en yster. Dit beteken daardie konings sal regeer oor mense wat nie met mekaar saamwerk nie,
42 hulle sal partymaal sterk wees en partymaal swak.
43 Jy het gesien die yster en klei is bymekaar. Dit beteken die mense van een volk sal met mense van ’n ander volk trou, maar hulle sal nie een volk word nie, want ’n mens kan nie yster en klei meng nie.