8 Toe sê die koning vir hulle: “Ek weet julle wil eers dink wat julle moet doen. Julle weet ek het klaar besluit
9 wat ek met julle sal doen as julle nie vir my kan sê wat ek gedroom het nie. Julle wil eers saam besluit om vir my iets te vertel wat nie waar is nie. Julle hoop daar gebeur iets wat julle sal help. Daarom, sê nou vir my wat ek gedroom het, dan sal ek weet julle kan ook vir my sê wat dit beteken.”
10 Die slim mense het vir die koning gesê: “Niemand op die aarde kan doen wat die koning wil hê nie. Daar is nie een ander belangrike koning wat so iets vir ’n slim mens gevra het nie.
11 Die koning wil hê ons moet iets doen wat ons nie kan doen nie. Niemand anders kan dit doen nie. Net die gode kan dit doen, en hulle woon nie hier by die mense nie.”
12 Die koning word toe baie kwaad, en hy sê sy soldate moet al die wyse mense in Babel doodmaak.
13 Toe die koning sê hulle moet die wyse mense doodmaak, het die soldate vir Daniël en sy vriende ook gesoek om hulle dood te maak.
14 Arjok was die hoof van die soldate wat die koning moes oppas, en die koning het gesê hy moet die wyse mense van Babel doodmaak. Arjok het gegaan om dit te doen, maar toe het Daniël met hom gaan praat. Daniël was slim om met Arjok te gaan praat.