27 Die belangrike amptenare het almal kom kyk en hulle het gesien dat die vuur nie die drie manne gebrand het nie. Dit het nie die hare op hulle koppe gebrand nie. Hulle klere was nog dieselfde en dit het ook nie soos vuur geruik nie.
28 Toe sê Nebukadnesar: “Ek prys die God van Sadrag, Mesag en Abed-Nego. Hy het sy engel gestuur en Hy het sy dienaars gered. Hulle het geglo dat Hy hulle sal help en hulle het nie gedoen wat die koning gesê het nie. Hulle het gedink dit is beter om te sterf, want hulle wou net hulle eie God dien en eer, nie ’n ander god nie.
29 Daarom sê ek nou: Al die mense in al die lande moet die God van Sadrag, Mesag en Abed-Nego eer. As iemand dit nie doen nie, dan sal my soldate hom doodmaak en in stukke kap en sy huis afbreek. Daar is nie ’n ander god wat kan red soos hierdie God red nie.”
30 Die koning was daarna baie goed vir Sadrag, Mesag en Abed-Nego in die land Babel.