1 Koning Nebukadnesar het ’n brief geskryf vir al die mense op die hele aarde. Hy het geskryf:“Ek hoop dit gaan baie goed met julle!
2 Ek wil graag vir julle vertel wat met my gebeur het. Die Hoogste God het tekens en wonderwerke gedoen.
3 Sy tekens en wonderwerke is groot en wonderlik. Hy sal altyd Koning wees, Hy sal altyd regeer.
4 “Ek, Nebukadnesar, het lekker in my huis gewoon, en dit het goed gegaan met my.