10 Ek het geslaap, en toe sien ek daar staan ’n boom in die middel van die aarde. Die boom was baie hoog.
11 Dit het baie groot en sterk geword, so groot dat dit aan die hemel geraak het. Al die mense op al die plekke kon die boom sien.
12 Die boom het mooi blare en baie vrugte gehad. Almal kon van sy vrugte eet. Die diere het onder die boom kom lê, en die voëls het in sy takke gewoon. Die boom se vrugte was kos vir al die mense en die diere.
13 “ ‘Ek het geslaap en gedroom daar kom ’n heilige engel uit die hemel.
14 Die engel het hard gepraat en gesê: “Kap af die boom, sny af sy takke, skud af sy blare, gooi sy vrugte oral rond. Die diere onder die boom moet wegvlug, en die voëls moet wegvlug uit sy takke.
15 Maar moenie die boom se stam uithaal nie, laat staan dit in die grond. Sit ’n band van yster en brons om die stam en laat die stam tussen die gras staan. Die dou uit die lug moet die stam natmaak. Nebukadnesar moet wilde plante eet soos die diere.
16 Sy verstand moet verander, dit moet sewe jaar lank soos ’n dier se verstand word.