21 Daar was mooi blare en baie vrugte aan die boom. Dit was kos vir almal. Al die diere kon onder die boom lewe en al die voëls kon in sy takke woon.
22 Koning, die boom is jy. Jy het koning van die hele aarde geword.
23 Jy het ook gesien daar kom ’n heilige engel uit die hemel en die engel sê: ‘Kap af die boom, kap dit stukkend, maar laat die boom se stam in die grond bly. Sit ’n band van yster en brons om die stam en laat dit tussen die gras staan. Die dou uit die lug moet die stam natmaak, en jy, Nebukadnesar, moet sewe jaar lank wilde plante eet soos die diere.’
24 “Koning, dit is wat die Hoogste God besluit het. Dit sal met jou gebeur, dit is wat die droom beteken:
25 Die mense sal jou wegjaag. Jy sal in die veld gaan woon saam met die diere. Jy sal gras eet soos ’n bees, en die dou uit die lug sal jou sewe jaar lank natmaak. Dan sal jy weet dit is die Hoogste God wat besluit wie koning sal wees.
26 Die engel het ook gesê die boom se stam moet bly staan. Dit beteken jy sal weer koning word wanneer jy weet dit is God wat regeer, God in die hemel.
27 Daarom, Koning, jy moet doen wat ek vir jou sê: Jy moet ophou om sonde te doen. Jy moet reg doen aan die arm mense en jy moet goed wees vir hulle. Dan sal dit goed gaan met jou.”