14 Toe sê die amptenare vir die koning: “Een van die manne van Juda wat hier in Babel is, doen nie wat jy wil hê nie. Dit is Daniël, hy doen nie wat die wet sê nie. Hy bid drie maal elke dag tot sy God.”
15 Die koning was baie hartseer toe hy dit hoor. Hy wou vir Daniël red, en hy het die hele dag ’n plan probeer maak om Daniël te help.
16 Maar daardie amptenare het na die koning toe gegaan en vir hom gesê: “Koning, jy moet onthou, dit is ’n wet van Medië en Persië. Niemand kan ’n wet wat die koning gemaak het, verander nie.”
17 Die koning het toe gesê hulle moet vir Daniël bring en hulle moet hom vir die leeus gooi. Hulle het dit gedoen. Die koning het vir Daniël gesê: “Jou God wat jy aanhou dien, Hy sal jou red.”
18 Die leeus was in ’n gat in die grond. Die koning se manne het ’n klip oor die gat gesit en hulle het dit met klei toegemaak. Die koning en sy belangrike amptenare het hulle seëls in die klei gedruk sodat niemand die gat kan oopmaak om vir Daniël te red nie.
19 Die koning het huis toe gegaan. Hy het die hele nag niks geëet nie en met niemand gepraat nie. Hy kon nie slaap nie.
20 Toe dit lig word, het die koning vinnig na die gat gegaan waar die leeus was.