16 Maar daardie amptenare het na die koning toe gegaan en vir hom gesê: “Koning, jy moet onthou, dit is ’n wet van Medië en Persië. Niemand kan ’n wet wat die koning gemaak het, verander nie.”
17 Die koning het toe gesê hulle moet vir Daniël bring en hulle moet hom vir die leeus gooi. Hulle het dit gedoen. Die koning het vir Daniël gesê: “Jou God wat jy aanhou dien, Hy sal jou red.”
18 Die leeus was in ’n gat in die grond. Die koning se manne het ’n klip oor die gat gesit en hulle het dit met klei toegemaak. Die koning en sy belangrike amptenare het hulle seëls in die klei gedruk sodat niemand die gat kan oopmaak om vir Daniël te red nie.
19 Die koning het huis toe gegaan. Hy het die hele nag niks geëet nie en met niemand gepraat nie. Hy kon nie slaap nie.
20 Toe dit lig word, het die koning vinnig na die gat gegaan waar die leeus was.
21 Toe hy naby die gat kom, het hy hard vir Daniël geroep en gesê: “Daniël, jy is ’n dienaar van die God wat lewe. Kon jou God jou red? Jy het aangehou om Hom te dien, kon Hy jou red, of het die leeus jou gevang?”
22 Daniël het vir die koning gesê: “Ek hoop die koning sal lank lewe.