20 Toe dit lig word, het die koning vinnig na die gat gegaan waar die leeus was.
21 Toe hy naby die gat kom, het hy hard vir Daniël geroep en gesê: “Daniël, jy is ’n dienaar van die God wat lewe. Kon jou God jou red? Jy het aangehou om Hom te dien, kon Hy jou red, of het die leeus jou gevang?”
22 Daniël het vir die koning gesê: “Ek hoop die koning sal lank lewe.
23 Ja, my God het sy engel gestuur. Die engel het die leeus se bekke toegebind, en hulle kon my nie byt nie. My God het dit gedoen omdat Hy weet ek het niks verkeerd gedoen nie, ook nie teen jou nie, Koning.”
24 Die koning was baie bly. Hy het gesê hulle moet vir Daniël uithaal uit die gat, en hulle het dit gedoen. Daar was nie ’n stukkende plek aan Daniël nie, want hy het geglo sy God sal hom help.
25 Toe het die koning gesê hulle moet daardie manne bring wat wou hê dat Daniël moet sterf. Die koning het gesê hulle moet daardie manne vir die leeus gooi, ook hulle seuns en hulle vroue. Die leeus het hulle gevang en opgevreet nog voor hulle onder in die gat geval het.
26 Koning Darius het toe ’n brief geskryf vir al die volke wat op die aarde woon. Hy het geskryf:“Ek hoop dit sal met julle baie goed gaan.