1 Een nag het Daniël gedroom. Dit was in die eerste jaar nadat Belsassar koning van Babel geword het. Daniël het gedroom hy sien iets en hy het alles geskryf wat hy gesien het.
2 Daniël het geskryf:“Ek het gedroom en ek het iets gesien. Die wind het van al die kante gewaai. Dit het die branders van die groot see baie wild gemaak.
3 Vier groot diere het uit die see gekom. Elke dier het anders gelyk as die ander diere.
4 Die eerste dier het gelyk soos ’n leeu, maar hy het vlerke gehad soos ’n arend se vlerke. Ek het na hom gekyk en ek het gesien iemand trek sy vlerke uit en laat hom op twee bene staan soos ’n mens. Hy kon toe ook dink soos ’n mens.