13 “Ek het in die nag gedroomen gesien daar kom iemand.Hy was soos ’n mens,en hy het op die wolke gekom.Hy het gekom tot by die Godwat altyd lewe.Die engele het hom na God gebring.
14 God het hom ’n koning gemaakwat sterk en belangrik is.Al die mense sal hom dienin al die lande en in al die tale.Hy sal sterk blyen hy sal altyd koning wees.
15 “Ek, Daniël, het groot geskrik, ek was geskok oor die dinge wat ek gesien het toe ek gedroom het.
16 Ek het gegaan na een van die engele wat daar gestaan het, en ek het vir hom gevra wat al hierdie dinge beteken. Hy het vir my gesê wat dit beteken.
17 Hy het gesê: ‘Hierdie vier groot diere is vier konings wat op die aarde sal regeer.
18 Maar die gewyde mense van die Hoogste God sal konings word wat altyd sal regeer, ja, ewig en altyd.’
19 “Ek, Daniël, wou meer weet oor die vierde dier. Hierdie dier was nie soos die ander diere nie. Hy was ’n dier wat al die mense bang gemaak het. Hy het tande van yster en pote van brons gehad, en hy het alles gevreet en stukkend gebyt. Hy het met sy pote getrap op die stukke wat oorgebly het.