5 “Die tweede dier het gelyk soos ’n beer wat op sy agterpote staan. Daar was drie ribbe in sy bek. Iemand het vir die beer gesê: ‘Jy moet staan, jy moet baie vleis vreet.’
6 “Ek het weer gekyk en ek het nog ’n dier gesien. Hy het gelyk soos ’n luiperd, maar daar was vier vlerke op sy rug. Die dier het vier koppe gehad en hy was sterk.
7 “Ek het gesien daar kom ’n vierde dier. Dit was ’n dier wat mense baie bang gemaak het. Die dier was baie sterk. Hy het lang tande van yster gehad en hy het alles gevreet en stukkend gebyt. Hy het met sy pote getrap op die stukke wat oorgebly het. Hy was nie soos die ander drie diere nie. Hy het tien horings gehad.
8 Ek het gewonder wat die horings beteken, en toe kom daar nog ’n horing tussen die ander horings uit. Dit was ’n klein horinkie. Iemand het drie van die ander horings uitgetrek, toe was daar plek vir hierdie klein horinkie. Daar was oë aan hierdie klein horinkie. Dit was oë soos ’n mens se oë, en die horinkie het ook ’n mond gehad. Die mond het baie hoogmoedig gepraat.
9 “Ek het gesien die engelehet trone neergesit,en die God wat altyd lewe,het op sy troon gaan sit.Sy klere was so wit soos sneeuen sy hare was soos skoon wol.Hy het op vuurvlamme gesit,sy troon het wiele gehad wat brand.
10 Uit die troon het ’n riviervan vuur gevloei.Daar het duisende engele gestaan,baie duisende,hulle moes doen wat God wil hê.God, die Regter, het beginom die mense te oordeel.Die engele het die boeke oopgemaak,die boeke waarin hulle geskryf hetwat elke mens gedoen het.
11 “Ek het gesien wat gebeur omdat die horing hoogmoedig gepraat het. Ek het gesien hulle maak die dier dood en hulle verbrand hom. Daar het niks van hom oorgebly nie.