1 Ek, Daniël, het weer iets gesien. Dit was in die derde jaar nadat Belsassar koning geword het.
2 Ek het gedroom ek is in Susan, die stad in die provinsie Elam, die stad wat sterk mure het. Ek het gedroom ek is by die Ulai-rivier.
3 Ek het gesien daar staan ’n skaap-ram by die rivier en die skaap-ram het horings. Een horing was langer as die ander horing. Die kort horing het eerste begin groei, en toe het die lang horing begin groei.
4 Ek het gesien die skaap-ram stamp met sy horings na die weste en na die noorde en na die suide. Die diere kon nie voor hom bly staan nie en niemand kon hom keer nie. Die skaap-ram het gedoen wat hy wil, en hy het groot en sterk geword.
5 Ek het gekyk, en toe kom daar ’n bok-ram uit die weste. Hy het baie vinnig oor al die lande gehardloop, hy het nie aan die grond geraak nie. Tussen sy oë was ’n lang horing.