14 Die engel het vir my gesê: “Dit sal 2 300 aande en oggende aanhou. Dan sal hulle weer die gewyde tempel begin gebruik.”
15 Ek, Daniël, wou weet wat beteken die dinge wat ek sien. Skielik het daar voor my iemand gestaan wat soos ’n man lyk.
16 Ek het gehoor iemand praat uit die Ulai-rivier. Hy het gesê: “Gabriël, jy moet vir Daniël sê wat beteken die dinge wat hy sien.”
17 Gabriël het gekom tot waar ek staan. Ek het groot geskrik en ek het gaan lê met my gesig teen die grond. Hy het vir my gesê: “Mens, jy moet weet, die dinge wat jy gesien het, wys wat nog sal gebeur.”
18 Ek, Daniël, het met my gesig teen die grond gelê toe Gabriël met my praat. Ek was bewusteloos, maar hy het aan my geraak en hy het my regop laat staan.
19 Gabriël het vir my gesê: “Ek sal nou vir jou sê wat sal gebeur wanneer God nie meer kwaad sal wees vir sy mense nie.
20 Die skaap-ram met die twee horings wat jy gesien het, is die konings van Medië en Persië.