22 Die groot horing het afgebreek, en vier horings het begin groei op die plek waar die horing was. Die vier horings is vier konings. Hulle sal Grieke wees, maar hulle sal nie baie sterk wees nie.
23 Wanneer hulle nie meer regeer nie en die mense baie sonde gedoen het, dan sal daar ’n koning kom wat baie wreed en geslepe is.
24 Hy sal baie sterk wees, maar dit is God wat hom sterk sal maak. Hy sal baie dinge verwoes. Hy sal doen wat hy wil. Hy sal sterk mense verwoes, ook die gewyde volk.
25 Hy sal doen wat hy wil omdat hy baie geslepe is. Hy sal hoogmoedig word en hy sal baie mense doodmaak. Niemand sal hom kan keer nie. Hy sal ’n vyand wees van God, die Koning van konings. Maar wanneer dit die regte tyd is, dan sal God hom breek.
26 Die dinge wat jy gesien het, sal gebeur, die dinge oor die oggende en die aande. Maar dit sal baie later gebeur. Jy moenie nou daaroor praat nie.”
27 Ek, Daniël, het siek geword en ek het lank siek gebly. Ek het opgestaan en weer die koning se werk gedoen, maar ek was baie geskok oor wat ek gesien het. Ek kon dit nie verstaan nie.