4 Ek het gesien die skaap-ram stamp met sy horings na die weste en na die noorde en na die suide. Die diere kon nie voor hom bly staan nie en niemand kon hom keer nie. Die skaap-ram het gedoen wat hy wil, en hy het groot en sterk geword.
5 Ek het gekyk, en toe kom daar ’n bok-ram uit die weste. Hy het baie vinnig oor al die lande gehardloop, hy het nie aan die grond geraak nie. Tussen sy oë was ’n lang horing.
6 Die bok-ram het gekom tot by die ram met die twee horings, die skaap-ram wat ek by die rivier gesien staan het. Die bok-ram het na die skaap-ram toe gehardloop so vinnig soos hy kon.
7 Ek het gesien die bok-ram kom by die skaap-ram en hy stamp die skaap-ram en breek sy twee horings. Die skaap-ram kon nie bly staan nie. Die bok-ram het hom op die grond gegooi en op hom getrap. Niemand kon die bok-ram keer nie.
8 Die bok-ram het baie sterk geword, maar toe hy baie sterk was, het sy groot horing afgebreek. Vier lang horings het uitgekom op die plek waar die groot horing was, een horing na die ooste toe, een na die suide, een na die weste, en een na die noorde.
9 Uit een van hierdie horings het nog ’n horing begin groei. Die horing was eers klein, maar hy het baie groot geword na die suide en na die weste en na die pragtige land toe.
10 Die horing het so sterk geword dat hy die soldate van die hemel aangeval het. Die horing het party van die soldate op die grond laat val en hy het op hulle getrap.