12 U het gedoen wat U vir ons en ons konings gesê het. U het dit baie sleg laat gaan in Jerusalem, dit het nog nooit in die hele wêreld so sleg gegaan nie.
13 Moses het dit so geskryf in sy wette, en dit gaan baie sleg met ons. Maar ons het aangehou om verkeerd te doen en ons het vergeet dat U altyd reg is. Ons het nie gevra dat U weer goed moet wees vir ons nie, U, ons God die Here.
14 En U, ons God die Here, U doen reg. U doen wat U gesê het. Ons het nie geluister na U nie, en U het dit sleg laat gaan met ons.
15 “En nou, Here ons God, U het lank gelede u volk uit Egipte gebring toe U wonderwerke gedoen het. Daarom ken al die mense u Naam vandag nog. Maar ons het sonde gedoen, ons het verkeerd gedoen.
16 Here, U het altyd u volk gered, red ons ook nou. Hou op om kwaad te wees vir u stad Jerusalem, vir u gewyde berg. Ons en ons voorvaders het sonde gedoen, ons het verkeerd gedoen. Dit is hoekom al die volke rondom ons nou lag vir Jerusalem en vir ons, u volk.
17 “En nou, ons God, luister asseblief na my. Ek is u dienaar en ek bid: U moet asseblief weer goed wees vir u tempel wat verwoes is, doen dit omdat U God is.
18 Luister asseblief, my God, kyk hoe verwoes is ons en Jerusalem, die stad wat aan U behoort. Ons bid dat U weer goed moet wees, nie omdat ons iets gedoen het wat reg is nie, maar omdat U lief is vir ons.